Soos enige ouer wou hy sy kinders eintlik teen die wrede buitewêreld beskerm, maar Michael Jackson het sake so ver gevoer dat hulle  nie ’n normale kinderlewe geken het nie.

Daar was nie maats nie, geen skool nie – hulle moes selfs maskers in die openbaar dra.

Maar nou, amper twee jaar ná sy dood, lei Prince (14), Paris (13) en Blanket (9) ’n heel ander, baie meer normale lewe – een van iPods, videospeletjies, melkskommels, winkeluitstapppies en pret saam met hul maats.

En hulle floreer duidelik daarop.

Tog bly hulle Jackson-kinders, en anders as ander. Die oudste twee, wat nou by die elite privaat skool Buckley in Los Angeles skoolgaan, het klaar gesê hulle wil, soos hul pa, eendag die vermaakbedryf betree.

Prince, wat selde ’n voet uit die huis sit sonder oorfone, wil ’n musiekvervaardiger word en Paris droom van ’n loopbaan as aktrise.

Hul ouma en wettige voog, Katherine (81), probeer sorg dat hulle so normaal as moontlik grootword.

Tog lyk dit of sy besef met hul pa se bloed wat deur hul are bruis, is ’n loopbaan in die kollig onvermydelik.

Maar sy is vasbeslote om toe te sien dat hulle ’n heel ander pad na roem volg as Michael. Hy het op ses al begin optree.

Vir eers wil sy hulle uit die kollig weghou.

Lees meer in die Huisgenoot van 9 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.