Die 46-jarige akteur het begin bekommerd raak toe hy teen einde 2013 ’n merk aan sy neus ontdek. Hy het aanvanklik gedink dis veroorsaak deur die kloue wat hy vir sy X-Men-karakter, Wolverine, moes aansit.
Daar is die afgelope afgelope 18 maande vier keer kanker van Hugh se neus verwyder en een keer van sy skouer af.

Nadat sy grimeerkunstenaar onder hom vuur gemaak het om dit te laat verwyder en sy vrou, Deborra-Lee Furness, die idee gesteun het, is Hugh getref deur die lewensveranderende ontdekking.

“Jy is altyd tot ’n mate geskok wanneer jy die woord ‘kanker’ hoor. In Australië is dit iets algemeens. Ek het nog nooit, selfs as kind, sonskermmiddels gebruik nie, dus was ek ’n prima kandidaat vir velkanker,” het hy aan die tydskrif People verduidelik oor sy basaalselkarsinoom, een van drie hoofsoorte velkanker.

“Ek het probeer kalm bly oor die storie, maar dit was nie voor dr. Michael Albom (sy velkankerspesialis) aan my verduidelik het dit wat ek gehad het, is in ’n sekere sin die soort velkanker wat ’n mens sou kies as jy een moes kies. Basaalselkarsinoom is eenvoudig iets waarmee jy moet afreken. Dit is kankeragtig. Dit sal groei. Jy moet net eenvoudig ontslae raak daarvan.”

Daar is die afgelope afgelope 18 maande vier keer kanker van Hugh se neus verwyder en een keer van sy skouer af. Dit was die dryfveer agter Pure Sun Defense, ’n reeks sonskermprodukte vir kinders, wat hy laat ontwikkel het. Omdat hy twee kinders, Ava en Oscar, het, wend die ster ’n doelbewuste poging aan om die groeisels hok te slaan.

“Ek gaan elke drie maande vir ondersoeke,” het hy gesê. Dit is die nuwe normale lewe vir my. My dokter reken ek sal heel moontlik weer kanker kry. As dit die kruis is wat jy lewenslank moet dra, kan jy uiters gelukkig voel.

Dr. Albom het bygevoeg mense behoort op die uitkyk te wees vir groeisels, knoppe en bulte wat “ietwat snaaks” lyk. Hy swaai Hugh lof toe omdat hy deur middel van sy sterstatus help om die massas van die siekte bewus te maak.

Hy het gesê: “Dis fantasties dat Hugh reguit praat. Hy span al sy kragte in, want hy is al soveel keer hierdeur dat hy nou reg optree. Hy gaan wonderlik aan met sy lewe en ons is verheug daaroor.”

© Cover Media