Movember, die Kankervereniging van Suid-Afrika se bewusmakingsmaand oor prostaat- en testikulêre kanker, het aangebreek. Mans oor die land heen het hul skeermesse weggepak. As jy nog nie begin kweek het nie, is daar nog tyd. En wie kan beter raad gee as die kletsrymer Jack Parow?

Jack se raad:

  1. Kam hom gereeld; dit hou jou snor netjies.
  2. Gebruik waks in jou snor; dit sal help met die stilering.
  3. Speel vir jou snor lekker musiek; dit sal hom welkom en gerus laat voel.
  4. Praat gereeld met hom en laat hom weet jy smaak hom.
  5. Drink net goeie drankies. Jou snor is op jou lip en sal daarvan inkry wanneer jy ’n sluk vat.

Bron: Huisgenoot, 15 November 2012