Ouers, sluit jul kinders toe! Die stoute rapper Jack Parow bring een van die dae ’n speelding uit wat nes hy lyk!

Ja, ons sidder. En dis nie al nie. Daar kom ook ’n klerereeks wat hy self ontwerp het en dan, red ’n nasie, sy eie braaisous.

Parow-sous noem hy dit.

Ons wonder of daar ’n Klipdrift-geur gaan wees . . .Jack se nuwe album word in Augustus uitgereik en 5 000 van die CD’s kry ’n pretboekie vol strokiesprente en plakkers. Vir jou spacecase, natuurlik . . .

Jack, een van die dae is jy cooler as almal.

Volg Huisgenoot op Twitter.