Die sangeres (44) was sedert 2011 nie betrokke by die program nie, maar gaan weer in die 13de seisoen ’n beoordelaar wees.

Haar vergoeding is gelykstaande aan die bedrag wat Simon Cowell (53) die sangeres Britney Spears (31) betaal het om verlede jaar in die Amerikaanse X Factor te verskyn. Dis egter R20 miljoen minder as wat die sangeres Mariah Carey (43) glo gekry het om J-Lo verlede jaar te vervang.

Die bedrag is ook R50 miljoen minder as die R200 miljoen wat sy vir die 2011-seisoen ontvang het, maar is steeds ’n indrukwekkende R120 miljoen meer as wat sy vir haar debuut in seisoen 10 ontvang het.

Jennifer het Fox glo genader om terug te keer na American Idol omdat sy haar in Los Angeles wil vestig voor haar vyfjarige tweeling, Max en Emme, begin skoolgaan.

’n Bron het aan RadarOnline.com gesê: “Die tweeling moet binnekort kleuterskool toe gaan en vastigheid is op die oomblik vir hulle en vir Jennifer belangrik. Sy is besig om na moontlike skole vir die kinders in Los Angeles te kyk. As sy voltyds daar woon, sal sy ook op haar rolprentloopbaan en ander projekte kan fokus, insluitende haar mode-onderneming.”

Die popster se terugkeer sal in die komende weke aangekondig word. Die nuwe program sal, soos in 2002 – toe Simon Cowell, Paula Abdul (51) en Randy Jackson (57) die beoordelaars was – weer net drie beoordelaars hê.

Die countrysanger Keith Urban (45) sal glo ook terugkeer en die derde beoordelaar moet nog aangewys word. Daar word gereken dat dit will.i.am (38) sal wees.