Rekenaartoerusting “en ander items” is tydens die inbraak gesteel, het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, aan News24 gesê.

Daar is op Saterdag 23 Mei by die eenheid ingebreek.

“ ’n Ondersoek na die omstandighede het gelei tot die opsporing van sommige van die goedere,” het Traut gesê.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Van die sake wat deur speurders van die eenheid ondersoek word, is die aanval op die Van Breda-gesin waartydens die ouers, Martin en Teresa, en hul seun Rudi gesterf het.

Die Van Breda’s se dogter, Marli, ly aan terugwaartse geheueverlies nadat sy ernstige kopwonde tydens die aanval opgedoen het. Haar broer Henri het met net snye en kneusings daarvan afgekom.

Vandag, presies vier maande ná die aanval, is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die bylmoorde nie.

Bron: News24