Israelse diereliefhebbers is gaande oor Dog TV, ’n TV-kanaal spesiaal gemik op honde.

Die kanaal is volgens wetenskaplike metodes ontwerp om spesifiek tot ons vierpotige vriende te spreek en dit het mense omtrent aan die praat.

’n Troeteldiereienaar, ene Danni, is vol lof daarvoor en glo dit is presies wat die land nodig het. “Hoekom nie? Dit is ’n wonderlike idee. Ons land is mal oor diere.”

“Gewoonlik sit ek die radio aan en speel vir my troeteldier musiek wanneer ek uitgaan,” sê ene Jeff van Jerusalem. “Dog TV is perfek; my hond sit en staar na die skerm!”