Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs hul wêreldwye verslag oor alkohol en gesondheid vir 2014 bekendgemaak. Dit het getoon terwyl ’n groot deel (73,7 persent) vrou glad nie alkohol drink nie, is daar patrone van gevaarlike drinkpatrone wat vroue vatbaarder vir sekere siektes maak.

Volgens die Harvard mediese skool (HMS) is vroue vatbaarder vir die negatiewe gevolge en is hulle meer geneig as mans om alkoholverwante siektes te ontwikkel. Hulle het ook bevind dat vroue meer geneig is as mans om alkohol en ander middels te misbruik om probleme soos depressie, angs en stres self te behandel.

Alkohol kan ook ’n vrou se risiko vir borskanker verhoog. HMS berig dat ’n vrou se risiko vir borskanker sowat 9 uit 100 is as sy nie alkohol drink nie. Twee drankies per dag verhoog die risiko tot net meer as 10 uit 100, terwyl ses drankies per dag dit tot sowat 13 uit 100 verhoog.

As gevolg van die manier waarop vroue alkohol metaboliseer, kan hul bloedalkoholvlakke hoër wees al het hulle dieselfde hoeveelheid alkohol as mans gedrink. Dit gebeur omdat vroue minder alkoholdehidrogenase het, ’n ensiem in die lewer wat alkohol afbreek voor dit in die bloedstroom opgeneem word. Vroue kan die onderstaande tabel as gids gebruik:

Vroue moet nie twee tot drie eenhede* alkohol per dag oorskry nie

Soort alkoholAlkohol-vlakHoeveelheidEenheid
Bier4%500 ml (een tapbier)2
Spiritis37,5%25 ml (een sopie)1
Wyn12%175 ml (een middelslagglas)2

* ’n Eenheid is 10 ml suiwer alkohol. Dit duur sowat ’n uur om een eenheid alkohol te verwerk (afhangend van lengte, gewig en geslag).

Bronne: pubs.niaa.nih.govpublications, helpguide.org, drinksmarter.org, health.howstuffworks.com, drinkaware.co.uk

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.