So lyk die die knewel van ’n verloofring waaroor almal gewonder het!

Nou word daar in spanning gewag op die aankondiging van die troudatum.

Vroeër vandag

Gerugte wil dit hê dat Pippa Middleton se kêrel, die finansier James Matthews (40), Saterdag ewe romanties gekniel en die jawoord gevra het.
Pippa (32), wat deur talle waarnemers as die hubaarste vrou in Engeland beskryf word, is glo heeltemal uit die veld geslaan en aangenaam verras deur dié onverwagte gebaar. Die twee is gereeld saam gesien by die afgelope Wimbledon-tennistoernooi.

Hulle was ook in 2012 ’n paartjie, maar dit was van korte duur. Hul paaie het in 2015 weer gekruis en hul verhouding het opnuut vlam gevat.

O ja, Pippa se ma, Carole Middleton, is glo baie ingenome met die man wat haar dogter om haar hand gevra het. James het luidens berigte die bul by die horings gepak deur eers Pippa se pa, Mike Middleton, se toestemming te vra om hom aan sy dogter te verloof.

Gaan Pippa regtig kansel toe of nie? Daar is tot dusver geen teken van ’n verloofring aan haar vinger nie . . .

Bronne: stylist.co.uk, tatler.com, mailonline.co.uk, eonline.com