Is Michael Jackson se 16-jarige dogter swanger? Volgens die Daily Star, is Paris gesien met ’n “groot maag” onder haar lospassende toppie.

“Ek het haar by ’n eetplek gesien en sy het twee keer ’n heildronk met water pleks van wyn ingestel,” het ’n aanhanger van Paris gesê, wat met haar kêrel gaan uiteet het. “Dit en die prominente ronding van haar maag het mense aan die praat. Dit is hoogs ongewoon om ’n heildronk met iets anders as wyn in te stel.”

Die skinderkoerant het ook berig dat Paris en haar kêrel verlede week na verloofringe gekyk het.

Die aspirant-aktrise het meestal uit die openbare oog gebly nadat sy verlede Junie haar lewe probeer neem het. Sy het toe ingeskryf by ’n terapeutiese skool buite Kalifornië, wat byna R150 000 per maand kos, om te herstel.

Haar ouma Katherine Jackson (83) het aan die tydskrif Hello! gesê: “Dit gaan nou goed met haar; sy kry die hul wat sy nodig het.

“Die behandelings verloop goed, baie goed. Sy is my baba; dit is regtig moeilik vir my. Ek wil net hê die kinders moet gelukkig wees.”

Bronne: Bang Showbiz, The Daily Star