Nasa het sewe planete wat min of meer so groot soos die aarde is ontdek.

Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het die eerste stelsel van sewe planete wat soos ons eie planeet is en om ’n enkele ster gegroepeer is, ontdek. Boonop is drie van hierdie planete se plasing in bewoonbare sones wat beteken die kanse dat lewe daar ontdek kan word is heelwat groter as dié van die ander planete.

Die reuse-vonds hou die rekord vir die grootste aantal planete in ’n bewoonbare sone om ’n enkele ster buite ons eie sterrestelsel.

Al sewe hierdie planete kan moontlik vloeibare water op hê – die sleutel tot lewe soos wat ons dit ken onder die regte atmosferiese toestande, maar die kanse hiervoor is die grootste in die bewoonbare sones.

“Die ontdekking kan die belangrikste stukkie in die legkaart in die soeke na bewoonbare omgewings en plekke wat bevorderlik vir lewe wees,” sê Thomsa Zurbuchen, assistent-administrateur van die agentskap se Wetenskapsmissie-direktoraat in Washington.

“Om die vraag ‘is ons alleen’ te beantwoord, is ’n topwetenskaplike prioriteit en om soveel planete soos hierdie vir die eerste keer in bewoonbare sones te ontdek is ’n ongelooflike tree vorentoe.”

En in ruimte-terme is die ontdekking nie eers te ver van ons af nie . . . dit is maar ’n skrale 40 ligjaar van ons verwyder.