Die vals nuusbronne beweer Ntandoyenkosi het probeer om 2 kg kokaïen binne twee sakkies koffie wat in haar twee tasse was, te smokkel. Sy is volgens dié berigte deur doeanebeamptes betrap waar haar sakke deursoek is en die wit poeier glo aangetref is.

Sun International se skakelhoof en die voormalige Mej. Suid-Afrika Claudia Henkel het die kwessie in ’n verklaring aangespreek en bevestig die stories wat die rondes doen is inderdaad vals nuus. “Ons het aanvanklik besluit om die berigte te ignoreer omdat ons gedink het mense sal besef die webwerf is nie die ware jakob nie. In die lig daarvan dat talle legitieme nuusinstansies navrae in verband hiermee aan ons gerig het, wou ons dit net duidelik maak: Ntando is nie gearresteer nie en sy is nie met enige dwelmmiddels in haar besit betrap nie. Sy is tans in Suid-Afrika en nie in Londen nie; om die waarheid te sê sy was nog nooit daar nie,” sê Claudia. Talle van hierdie vals nuuswebtuistes duik op en versprei valse stories oor ons plaaslike sterre.

Snacks + Tea + TV = Happiness #AboutToday #MissSA2016 #SunInternational #CellC

A post shared by Ntandoyenkosi Kunene (@kunene_ntando) on

Terwyl die internet op hol gegaan het oor hierdie gerug was Ntando volgens haar Instagram-profiel tuis – voete in die lug sonder enige polisie in die omtrek.

- Shanaaz Prince