Kim Kardashian is glo verloof aan Kanye West nadat hy haar by die AT&T Park-stadion in San Francisco voor vriende en familie gevra het om te trou.

Volgens E! News het die 36-jarige rapper die hele stadion vir die okkasie gehuur.

Vroeër dié week is gesê Kanye wil Kim – by wie hy ’n drie maande oue dogter, North, het – die jawoord vra ter vering van haar 33ste verjaardag op 21 Oktober. Hy het selfs die volmaakte ring gekies om mee op die een knie af te sak.

’n Bron het vroeër gesê: “Kim word 33 en Kanye wil haar op haar verjaardag vra om te trou.

“Hy het die ring op ’n onlangse reis na Parys by die eksklusiewe juweliers Boucheron gekoop, maar die res is hoogs geheim.”

Kanye wou aanvanklik die nuus van die verlowing volgende week by een van sy optredes in Kalifornië bekendmaak as deel van sy Yeezus-toer wanneer Kim na verwagting in die gehoor sal wees.

Die bron het verduidelik: “Kim beplan ’n verjaardagviering by die nagklub Tao op die Vrydag wanneer Kanye in Las Vegas optree. Nou begin dit lyk of dit ook ’n verlowingspartytjie sal wees. Ander lede van die Kardashian-familie sal ook daar wees en dit sal ’n familiegeleentheid wees.”