Dalk word die vrypostige Kim K nou tog ’n bietjie stylvoller, eleganter en meer volwasse, bespiegel ons Hollywood-skindertong.

[caption id="attachment_55953" align="alignnone" width="600"]Beyoncé (links) en Kim Karadashian. Foto: Elite Beyoncé (links) en Kim Kardashian. Foto: Elite[/caption]

Iets aan Kim K pla my nou al ’n ruk lank – en ek dink ek weet uiteindelik presies wat dit is. Van haar nuwe blonde kop tot haar nuutgevonde beskroomdheid, laat dit lyk of sy besig is om Beyoncé na te aap.

Kom ek skilder die prentjie vir jou: B dans miskien in ’n skraps leotard op die verhoog rond, maar sy kry dit steeds reg om ’n aura van waardigheid en stylvolheid uit te straal. Sy het dit ook in ’n mate reggekry om ’n aura van geheimsinnigheid te bewaar, al is sy een van die planeet se grootste popsterre en getroud met ’n rap-koning. Daar is hier en daar paparazzi-foto’s van haar en Jay-Z wat op ’n seiljag vakansie hou, maar oor die algemeen beheer hulle wat die publiek van hul gesin sien, verskaf foto’s van hulleself aanlyn en is baie uitsoekerig oor die onderhoude wat hulle toestaan.

Kim – wel, nie eintlik nie. Met die  skandale (seksvideo, rampspoedige huwelike) en die oorvloedige mededling van haar lewe  in Keeping Up with the Karashians, is daar nie veel wat ons nié van haar  weet nie. (Danksy die K-susters is ons bekend met allerhande intieme besonderhede – van wasbehandelings daar onder tot die voordele van jou plasenta eet.)

Maar met Kanye aan boord, wat verskriklik op sy privaatheid gesteld is, en die baba wat in ag geneem moet word, lyk dit of dinge verander. Sy gaan nou selde uit en as sy dit doen, lyk sy amper onderdanig langs haar rapper-kêrel en verkies sy dit dat hy die praatwerk doen. Dan is daar die ligter hare wat haar ’n sagter, minder flirterige voorkoms gee, en haar nuwe sjiek klerekas wat haar borste  meestal (nog nie altyd nie) beter in toom hou.

Wat dink jy – word Kim uiteindelik groot?

- Nici de Wet