Khloe Kardashian is glo vir seksueel oordraagbare siektes getoets nadat sy van haar man se beweerde ontrouheid verneem het.

Die werklikheidster is glo vroeër vanjaar getoets ná beweer is Lamar Odom het onbeskermde seks gehad terwyl hulle getroud was.

’n Ingeligde het aan RadarOnline.com gesê: “Lamar wil nie erken by hoeveel vroue hy geslaap het nie, maar Khloe weet daar was in die afgelope jaar ten minste vyf.

“Khloe het geweet sy moes ’n dokter spreek en is vir ’n volle reeks seksueel oordraagbare siektes getoets. Gelukkig is sy gesond, maar sy het nooit gedink so iets sou met haar gebeur nie.”