Die wrede moord op die sesjarige skoonheidskoningin is nooit opgelos nie, maar soos die herdenking van haar dood naderkom, maak die samesweringsteorieë twee dekades later weer opslae.

Die jong JonBenét Ramsey van Colorado, Amerika, is nie dood nie, beweer die YouTube-gebruiker Dave Johnson.

“Sy leef voort as die popster Katy Perry.”

Wanneer ’n mens na die foto’s van ’n blonde Katy langs die vermoorde meisie kyk, is die trekke onmiskenbaar. Die lang blonde lokke, die swaar gegrimeerde oë, die vol mond . . .

“JonBenét het nie gesterf nie; niemand het gesterf nie; niemand het seergekry nie,” is Dave se woorde in dié jongste video.

“JonBenét is geoffer. Daardie offer was net in naam, en daardie offer was om iets te kry, en dit was om ’n ster te word.” Lees ook: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte Om sy bisarre teorie te staaf, meen Dave Katy se ouers, pastore Keith Hudson en Mary Perry en JonBenét se ouers, Paty en John Bennett Ramsay, lyk eenders. Maar wanneer mens vandag hierdie absurde bewering lees, is dit nie die hoofopskrifte wat ’n mens se aandag trek nie.

Dis die foto van JonBenét, jonk en sprankelend, vasgevang in die tyd. En mense wat nie die verhaal ken nie, wonder opnuut hoe haar jong lewe kortgeknip is.

Die hele Ramsey-gesin is sedert die moord op 26 Desember 1996 onder verdenking. Burke, JonBenét se broer, was net nege jaar oud toe sy vermoor is.

Die egpaar het die vorige aand op Kersdag nog lekker by vriende gekuier. Vroeg daardie volgende oggend het Patsy glo op ’n lang briefie afgekom waarin ontvoerders beweer hulle het JonBenét gevat. Hulle het ’n losprys van sowat R500 000 geëis.

Die toneel is glo daarna erg deurmekaargekrap deur polisie en vriende terwyl hulle die “ontvoerde” JonBenét gesoek het.

Maar die kind is later daardie dag in die kelder van haar ouerhuis gekry. ’n Lykskouing sou later bepaal sy is oor die kop doodgeslaan en seksueel aangerand. Dit het later geblyk dit was nie die kopbeserings wat haar dood veroorsaak het nie; sy is sowat ’n uur ná die kopbeserings verwurg en weens ’n gebrek aan suurstof dood.

Lees ook: Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het

Die ontvoeringsmotief het glad nie meer sin gemaak nie. Daar was boonop geen gedwonge toegang tot die huis nie.

’n Gewilde teorie is dat Burke die moord in ’n vlaag van jaloesie gepleeg en die Ramsey-egpaar om hul seun se onthalwe die hele voorval na ’n ontvoering vir ’n losprys laat lyk het. Nes haar ma destyds, het JonBenét ’n rits topskoonheidtitels in verskeie Amerikaanse deelstate gewen.

Steve Thomas, een van die oorspronklike ondersoekbeamptes, het weer vermoed Patsy het haar dogter in ’n laatnag-woedebui teen die kop doodgeslaan oor haar kind se bednatmaakprobleem.

In die geregtelike doodsondersoek het deskundiges bepaal dit was waarskynlik Patsy se handskrif in die briefie, maar hulle kon dit nie bo alle twyfel vasstel nie.

Dan was daar ook vrae oor Patsy se noodoproep. Thomas het aangevoer die lyn het nie heeltemal afgesny nie. Aan die einde van die oproep kan daar byna onhoorbaar maar steeds histeries, gehoor word hoe Patsy en haar man op die agtergrond met Burke praat, al het hy oënskynlik met die polisie se aankoms nog gelê en slaap.

Later het transkripsies van Burke se onderhoud met ’n sielkundige aan die lig gekom. Hy is emosieloos, maar hy antwoord amper geïrriteerd toe hy oor sy suster se dood uitgevra word.

Die Ramsey-egpaar het kort na die moord reeds regshulp aangestel. Dit sou later blyk veral John se oorspronklik weergawe op die toneel is wesenlik verskillend van die amptelike weergawe wat eers maande ná hul kind se dood aan die polisie gegee is.

’n Hof het eindelik beslis niemand kan weens die moord aangekla word nie.

Patsy is in 2006 aan kanker oorlede.

Kyk hier na Dave se oorspronklike video:

Bronne: JonBenét-Ramsey.com; News.com.au; Sky News Australia; Beeld; Forumsforjustice.org

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hier is waarom elke man besny MOET word

Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het

Oscar Pistorius se aansoek tot appèl deur grondwethof geweier

‘Al sterf sy, weet ek haar droom is bewaarheid,’ vertel ma ná Adele haar siek dogter ontmoet