Die hertogin van Cambridge is na bewering swanger met haar tweede kind.

Die 32-jarige koninklike het verlede jaar die lewe geskenk aan George, haar en haar man, prins William, se eersteling. Nou word daar berig dat sy haar tweede kind verwag.

’n Gewese skoolmaat van die hertogin, Jessica Hay, het glo aan die Australiese tydskrif New Day bevestig sy is swanger en haar “binnekring is opgewonde” oor die nuus.

Sy glo ook die koninklike paartjie gaan in die komende weke die aankondiging maak omdat Catherine reeds gewig begin aansit en sukkel om haar babamagie te verbloem.

Maar Buckingham-paleis het geweier om kommentaar te lewer. Jessica en die hertogin is nie hegte vriendinne nie en het in jare nog nie gepraat nie, dus word die nuus as bespiegeling afgemaak.

Ander het weer uitgewys dat Jessica reg was oor Catherine se eerste swangerskap; sy het gesê Catherine is swanger weke voor dit amptelik aangekondig is.

Die koninklike paartjie was gedwing om die nuus bekend te maak nadat die hertogin hospitaal toe is met kwaai oggendnaarheid