Gerugte dat Kate Middelton swanger is, doen die afgelope paar weke die ronde. Maar kan ons die nuutste beweringe dalk vertrou?

Die mees onlangse gerugte kom vanaf InTouch-tydskrif wat beweer dat die hertogin sowat 6 weke swanger is.

“Die bron is baie betroubaar en het voorheen al vir ons die korrekte inligting verskaf rondom Kate en William se wittebrood en die koningin se trougeskenk aan die paartjie,” het InTouch berig.

Sedert die koninklike paartjie se troue sowat sewe maande gelede is daar toenemende druk op hulle om te sorg vir ‘n troonopvolger.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.