Dis amper tyd vir ‘n splinternuwe televisiereeks waar enkelouers, geskeides, wewenaars en weduwees ‘n 2de kans kan waag op liefde. Ons roep dus alle kinders ouer as 12 jaar om hul ma of pa in te skryf! Of vertel jou kinders en vra dat hulle jou sommer inskryf.

Wat het ons nodig?

  • ‘n Foto met ‘n kort beskrywing van ma of pa en motiveer hoekom hy/sy gereed is vir ‘n “2de Kans”.
  • ‘n Lys van 5 kwaliteite wat hy/sy in ‘n nuwe maat soek.
  • Ma/pa se ouderdom, en die ouderdomsgroep waarin hy/sy belangstel.
  • Die area waar ma/pa woon asook kontakbesonderhede (epos en telefoon).

Om te weet:

  • Deelnemers moet woonagtig wees binne twee ure se ry vanaf Kaapstad vir die eerste reeks.
  • Deelnemers moet bereid wees om in hulle huise te skiet.
  • Beide ma/pa en die kinders sal deel vorm van die program.
  • Programme gaan oor ‘n vier dag periode geskiet word en sluit ‘n naweek weg in.
  • Hierdie is nie ‘n program wat sensasie soek nie. Eerder ‘n program met hart wat poog om mense te help.
  • Kinders moet ouer as 12 jaar wees om hulle ouers in te skryf, maar daar is geen beperking op die ouderdom aan die volwasse kant nie. Jy kan dus jou sestigjarige pa inskryf as jy 40 jaar oud is.

Stuur asseblief na mediacluboffice@gmail.com vor 17:00, 28 Augustus 2015.