[caption id="attachment_121125" align="alignnone" width="600"]Die stoele staan reg vir die Huisgenoot 100-konsert Saterdagaand by die KKNK. Foto: Peet Mocke Die stoele staan reg vir die Huisgenoot 100-konsert Saterdagaand by die KKNK. Foto: Peet Mocke[/caption]

Die Huisgenoot 100-konsert skop binne enkele ure af en die gehoor kan uitsien na optredes van ons land se gewildste kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren en Robbie Wessels.

[caption id="attachment_121127" align="alignnone" width="600"]Klanktoetse voor die Huisgenoot 100-konsert! Foto: Peet Mocke Klanktoetse voor die Huisgenoot 100-konsert! Foto: Peet Mocke[/caption]

Al van vroegmiddag hoor mens die klanktoetse wat uit die Oudtshoorn-Sportterrein stroom waar die opelugkonsert gehou sal word.

Dit is Robbie Wessels wat seker maak dat liedjies soos Halley se Komeet en Leeuloop net reg klink.

[caption id="attachment_121129" align="alignnone" width="600"]Robbie Wessels is besig om klanktoetse voor die Huisgenoot 100-konsert te doen. Foto: Peet Mocke Robbie Wessels is besig om klanktoetse voor die Huisgenoot 100-konsert te doen. Foto: Peet Mocke [/caption]

Die Huisgenoot-sambrele op die verhoog sorg dat die kunstenaars teen die Klein Karoo son beskerm word, maar sodra die son gesak het sal mense die stoele begin vul en kan gereed maak vir ’n aand vol vermaak en musiek.

Lees ook: Kom vier Huisgenoot se 100ste bestaansjaar

Meer as 3 500 kaartjies is reeds vir die konsert verkoop en vir die laatslapers sal daar onbespreekte sitplekke beskikbaar wees.

Die konsert is deel van Huisgenoot se eeufees-vieringe en die gehoor kan regmaak vir ’n paar lekker verrassings op die verhoog.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Tien wenke oor hoe om ’n prettige Paaseiersoektog vir jou kinders te reël

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue