Moenie bekommerd wees as die swart-wit skets jou laat kopkrap nie; jy’s beslis nie al een nie.

Die optiese illusie wat Savannah Root op Facebook gedeel het, het die internet op hol soos mense dit probeer uitpluis. Die prentjie het soos ’n veldbrand versprei – meer as 34 000 mense het aangedui hulle hou daarvan en 16 000 het daarop kommentaar gelewer.

Van die goed wat mense sien, wissel van ’n dinosourus tot ’n vlooi. Kyk weer en sommer van verskillende hoeke af. Wat sien jy?

cowboy

Vir dié wat steeds nie die beeld sien nie: Dis ’n cowboy, en die helfte van sy gesig is in die skadu verbloem. En as jy dit sommer dadelik sien, is jy waarskynlik ’n uiters kreatiewe mens met hope perspektief.

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders