Is jy taai genoeg om Suid-Afrika se volgende Ultimate Braai Master te wees?

Indien wel, moenie hierdie geleentheid misloop nie: Jy kan nou inskryf vir die derde seisoen van Suid-Afrika se gunsteling-avontuur vir fynproewer-braaiers.

In verlede jaar se tweede seisoen het Suid-Afrika se 15 top-braaispanne teen mekaar te staan gekom in uitmergelende buitelug-uitdagings. Die wenspan was Good Better Braai van Jacques Bester en sy braaimaat en meisie, Nadia Botha. Hul prys was R500 000 kontant, ’n Renault Koleos-viertrek van R340 000 en Front Runner-toebehore van R15 000.

Die derde seisoen lyk na die opwindendste braaiwedstryd tot dusver. Vanjaar se deelnemers sal 9 000 km aflê. Opskud! Daar is net plek vir 15 spanne om die braaivleisvure.

As jy dink jy kan Suid-Afrika se volgende Ultimate Braai Master wees, kan jy voor 21 Februarie aanlyn inskryf by ultimatebraaimaster.com.

Die wedstryd begin in Mei en die reeks word net betyds op e.tv uitgesaai vir volgende somer se braaiseisoen.