Die nuwe 4D-Batman-tuimeltrein by die Six Flags Fiesta-vermaaklikheidspark in Texas in die VSA is op 13 Mei vanjaar onthul.

Die tuimeltrein klim eers amper 37 meter in die lug voordat dit teen bloedstollende spoed deur ’n verskeidenheid draaie jaag. Wat dit meer angswekkend maak, is die feit dat die sitplekke heeltemal in die rondte draai terwyl die tuimeltrein beweeg.

Dis glo so ontwerp om die illusie te skep dat jy sonder weerstand in die lug dryf. Hierdie is een van die eerste 4D-truimeltreinervarings.

Gereed? Kyk hier na ’n video van die tuimeltrein:

Bronne: YouTube, Daily Mirror