Noudat hipsters hier is om te bly, maak dit sin dat hulle hul hipster-kroos unieke hipster-waardige name sou hê. Maar ’n ware hipster sou seker hul eie naam skep, iets wat die wêreld nog nooit teëgekom het nie. Dit wil voorkom of name soos Brooklyn of Noah ou nuus is, en selfs Milo en Stella haal nie die paal nie.

Ons moet bieg, ons is dol daaroor dat ’n paar plaaslike gunstelinge soos Nico, Zane, Suzette en Zola die lys gehaal het. Hier is die jongste lys hipster-name van fitpregnancy.com.

Seuns:

  • Auden
  • Byron
  • Enoch
  • Gulliver
  • Ignatius
  • Lennon
  • Murray
  • Nico
  • Orson
  • Roman
  • Salinger
  • Zane

Meisies:

  • Briseida
  • Farrah
  • Inez
  • Liora
  • Minnie
  • Odette
  • Pandora
  • Romy
  • Suzette
  • Tessie
  • Wren
  • Zola

SuperMa’s raak kreatief

Sou jy ’n naam uit die lys kies? Ons het die vraag gevra en dit lyk nie julle sou nie. Hier is van die name wat julle jul kinders genoem het:

  • Laila Grace – Engel van geboorte en God se genade.
  • Jayden – God het gehoor.
  • Suné – Wit lelie en vrolik.
  • Tiari – Dit is ’n kombinasie van die peetouers, Tiaan en Rika, se naam.
  • Ian – God is genadig.
  • Rianelle – Van my ouers, Ria en Neels.
  • Gian-Luc – Geskenk van God en lig.
  • Eldré – My ma is Elize en my pa André.
  • Llewellyn – My man se tweede naam.
  • Schalk – Dienaar van God.
  • Philip – Ek was net mal oor die naam.
  • Luche – Ek het eendag ’n e-pos gekry van ’n vrou met dié naam.
  • Ethan – Ek was dolverlief op die naam toe ek dit op die televisie hoor.
  • Sachinn – Mamma was toe baie krieketmal.
  • Cornel – Genoem na oupa Cornelis.
  • Ethern – Ek kan nie onthou waar ek dit gehoor het nie.
  • Marzanne - Marcel (pappa) en Cezanne (mamma).
  • Tammy-Ann en Tyron – Dit was net mooi name.
  • John – Ek het sy naam uit die Bybel gekry.
  • Carien – Genoem na Francina en Cornelia, my ma en stiefma, die twee belangrikste vroue in my lewe.
  • Heuwin – My seuntjie se naam moes Ewin wees, toe maak ek ’n spelfout, toe hou ons van die spelfout.
  • Alexis – Leier.
  • Amy – Geliefde.
  • Matthew – Geskenk van God.
  • Nicholas – Champion of men.
  • Roché  - Dit beteken rots.
  • Duncan – Ek was mal oor die fliek Highlander.
  • Rickert Louw – Rickert omdat my my ma en pa graag ’n kleinseun wou hê en Louw was my oupa se van.
  • Mienke – Ek het gedink ek is vreeslik oulik toe ek dié unieke naam uit dink, maar toe hoor ek dis al klaar ’n naam in Suid-Afrika en Duitsland. Dit beteken “Sterk” en “Ster van die see”.
  • Aimélize – Sy is genoem na haar ouma Emily en tannie Lizl.
  • Zehancké – Ek wou haar ’n unieke naam gee.
  • Zetske – Dit was die pa se keuse.
  • Petro Zitishia en Zanri – Dis kombinasies van familiename.
  • Q-melee – Dit beteken sy is myne.
  • Rehan – “Re” van pappa Andre en “-han” van mamma Hanlie.
  • Peanut – Met ons eerste sonar was dit so groot soos ’n grondboontjie, en my dogter is sussie, want dit is al wat my seun haar noem.
  • Marinique – My broer en ma se naam.
  • Johane – My man en skoonma se naam.
  • Heyneke - Sterk rugbynaam.
  • Anke – Nadat Anke Idols gewen het.
  • Nathan - Geskenk van God.
  • Keagan – Dit pas sy persoonlikheid perfek.
  • Danielle – God is my regter.
  • Zander – Sterk man.
  • Megan – Sterk een.
  • Lize-Danielle en Jan-Daniel – Familiename.

- Megan Bursey

Ekstra bron: fitpregnancy.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.