Die 20-jarige popster het glo Maandagaand probeer om “diskreet” te wees op ’n afspraak saam met sy aan-af-meisie in Hollywood, Kalifornië.

Maar teen Dinsdag wou Justin sy gevoelens met die wêreld deel.

Die sanger van die treffer Baby kan blykbaar nie sy liefde vir Selena verwoord nie, want hy het ’n nabyfoto van die donkerkop-ster op Instagram gedeel waarop sy haar hare van haar nek afvee.

Selena het kort daarna dieselfde foto op haar Instagram-blad gedeel en daarby geskryf: “Dankie, Jen, vir my pragtige Jennifer Meyer S-halssnoer ??#Itgottangledlikesixtimes #seventhtimesacharm #getit).”

Honderdduisende mens hou van die foto’s en duisende aanhangers het daarop kommentaar gelewer.

“Ek is mal oor Jelena!” het ’n aanhanger by Justin se foto geskryf. “Nee, gee pad. #getoverher,” het ’n ander laat hoor.

Justin en Selena het in 2011 begin uitgaan en die volgende jaar uitgemaak. Maar in April 2013 het Justin ’n foto gedeel waarop hulle alte liefies lyk, berig dailymail.co.uk.

Selena het verlede November bevestig hulle het uitgemaak, maar hulle is intussen af en toe saam gesien, soos toe hulle in Junie ’n Bybelstudieklas bywoon.

Die paartjie is Maandag by die restaurant en speletjiesarkade Dave & Buster’s gewaar, maar die aand het blykbaar dramaties geëindig toe ’n lid van Justin se veiligheidspan daarvan beskuldig is dat hy iemand wat foto’s van die paartjie geneem het, se foon afgevat het.

Die polisie het aan dailymail.co.uk gesê niemand is in verband met die voorval aangekla nie.

© Cover Media