Vir die 21-jarige sanger was 2014 ’n ontstuimige jaar. Hy het verskeie keer met die gereg gebots en ’n aan-af-verhouding met sy medemusikant Selena Gomez gehad. Maar die afgelope maande het hy gewys hy het hom reggeruk – hy het in die openbaar vir sy optrede om verskoning gevra en erken dit was nie vir hom ’n maklike reis nie.
'Dit is ook vir my belangrik om my te omring met mense wat eerlik is.'

“Daar was tye dat dit moeilik was,” het hy aan die tydskrif People gesê. “Maar mits ek die Here en familie eerste stel, kan ek die meeste goed deurstaan. Dit is ook vir my belangrik om my te omring met mense wat eerlik is en my vir my dade kan verantwoordelik hou. Dit help ook baie.”

Dit sal hopelik beteken hy word nie weer soos verlede jaar in hegtenis geneem omdat hy onder die invloed bestuur of die bure se huis met eiers bestook het nie.

Dit lyk of Justin nou op sy musiek wil fokus en ’n goeie rolmodel wil wees. Maar dit is nie net sy horde aanhangers vir wie hy ’n goeie voorbeeld wil stel nie, maar ook sy jonger sibbe.

Die Kanadees het ’n halfsuster, Jazmyn (6), en ’n halfbroer, Jaxon (5), deur sy pa, Jeremy. Die Boyfriend-sanger bring graag tyd saam met die twee deur en hulle het hom help besef wat sy prioriteite moet wees.

“Ek is baie lief vir my broer en suster,” het hy bygevoeg. “Ek wil hulle help om die beste te wees wat hulle kan wees; en om iemand te wees na wie hulle kan opkyk, is beslis ’n deel daarvan.”

© Cover Media