Die EFF-leier, Julius Malema, word nou ’n “profeet” genoem nadat verskeie van sy twiets en stellings waar geword het. Die “profesieë” gaan gewoonlik oor die ANC en dit kan minute of maande duur voor dit plaasvind. Hier is ’n samestelling van Juju se akkuraatste bewerings in die afgelope jaar: Gwede Mantashe sal Zuma verskoning vra: Ja, hy het dit gesê. Julius se onlangsste voorspelling het ’n werklikheid geword toe Gwede terugtrek wat hy oor JZ gesê het, nes die voormalige ANC-jeugligaleier voorspel het.

Ek het julle mos gesê! Julius het hierdie video gelaai om ons daaraan te herinner:

Pravin Gordhan sal “in hegtenis geneem word”.

Julius het die bewering op 16 Mei 2016 gemaak, drie maande voor dit werklik (soort van) gebeur het. Die voormalige minister van finansies is nie werklik in hegtenis geneem nie, maar die Valke het hom aangekla, nes Juju voorspel het.

Pravin sal afgedank word Twee dae voor pres. Jacob Zuma se “onverwagte” kabinetskommeling het Julius ’n rits twiets gestuur en weer voorspel wat sou kom.
En daar hou dit nie op nie. Hy het selfs die nuwe minister van finansies se naam getwiet: Oomblikke voor bekend gemaak is Jacob Zuma het sy kabinet geskommel en Gordhan met Malusi Gigaba as minister van finansies vervang, het “profeet Juju” sy voormalige leier voorgespring.

Julius se in-die-kol-bewerings strek verder as die politiek, tot in die musiekbedryf. Hy het beweer hy het opnamekunstenaars gemaan om nie met sekere musiekhandelsmerke ’n kontrak aan te gaan nie, want hulle sal dit later berou.

Riky Rick en Mabala Noise In Augustus 2016 het Julius beweer die opnamehandelsmerk Mabala Noise, wat toevallig aan die tesourier-generaal van die ANC-jeugliga, Reggie Nkambule Nkabinde, behoort, is eintlik ’n front vir geldwassery. Hy het verder aangevoer kunstenaars onder Mabala Noise soos Riky Rick, Nasty C, Khanyi Mbau en Zola is R5 miljoen gegee om die ANC se agenda op byeenkomste te bevorder. Dit is taamlik ernstige bewerings. Maar vroeër vanjaar het Riky Rick teen die platehandelsmerk uitgepraat en beweer hulle dreig om sy lewe, loopbaan en gesin te vernietig. Hy het die handelsmerk later verlaat. Wel, hy kan nie sê Juju het hom nie gewaarsku nie . . .

Bronne: Twitter, News24 Youtube