As jy mooi oplet volgende keer as jy winkel toe gaan, sal jy hulle sien.

Pa's, wederhelftes, kêrels, broers, ooms . . . hulle almal se gesig verklap een ding: inkopies doen is ’n nare proses! Nou is daar ’n skreeusnaakse Instagram-blad geskep om dié mans se nagmerries vas te vang. Terwyl hul vroulike wederhelftes die winkels invaar, val hierdie ouens óf aan die slaap óf probeer hulself op enige denkbare manier besig hou. Dié jammerlike sotte word as ’n ‘globale epidemie’ bestempel en selfs die kletsrymer Kanye West was al ’n slagoffer.

What's wrong, Kanye #miserablemen? @kimkardashian taking too long?

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

Hierdie man is oorstelp met gryse verveling terwyl hy in ’n skoenwinkel sit en sakke oppas. Vee hy dalk 'n traantjie weg?

Wipe those tears and just accept it. You're done. This is your life now.

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

’n Klerewinkel raak een te veel vir hierdie meneer en hy besluit toe om ’n uiltjie te knip tussen die klererakke.

#miserablemen in #Chile

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

Lees ook: Wat jy moet weet vóór jy kredietkaartskuld aangaan Dit lyk asof hierdie man nou net mooi genoeg gehad het. Toe daar geen ander uitweg was nie, het hy met sy kop in sy hande homself tuisgemaak langs ’n winkelpop. En daar sal hy sit en wag, wie weet vir hoe lank?

The Plight of Man

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

Dié man het sommer daar en dan op een van die winkels se banke uitgespan vir ’n lekker middagslapie.

Come on #miserablemen, I thought we were going to stand our ground this year and stay home!

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

Lees ook: Jou beste finansiële raadgewer: jou handsak Met nie veel opsies nie, maak hierdie oom sommer die vloer sy sitplek!

I like this guy.

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

En dan is daar daardie getroue mans wat hulp verleen as hul wederhelfte vir ’n tweede opinie vra. . . Maar ons is nie seker met hoeveel entoesiasme hulle ’n ingeligte bydrae probeer maak nie. Want teen hierdie tyd sal hulle net mooi enigiets sê net om daaruit te kom.

Just tell her it'll look great on her.

A photo posted by Miserable Men (@miserable_men) on

Maar op die ou end van die dag bly ons wonder: waarom het die mans dan enigsins saamgekom? Volgende keer kan hulle liefs by die huis bly!

BRONNE: Instagram, dailymail.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Drie hoera’s vir Bobby en sy Annatjie se nuwe pienkvoet! Raai wat is hul pasgebore dogtertjie se naam?

Gelukkige einde vir ma se nagmerrie

Groot verligting vir droogtegeteisterde gebiede voorspel

Is die vermiste MH370 naby die Kaap gevind?