Ja, hierdie skattige gediertetjie bestaan werklik.

Dit is 'n jong Javaanse bisamhertjie en hy is tans niks groter as 'n  hamster nie.

Die diertjie, wat so oulik is dat hy jou oë wasig maak, is 'n paar weke gelede in 'n dieretuin in Nederland gebore, en hy het onlangs sy eerste versigtige treë gegee.

Dit is dus een van die kleinste hoefdiere ter wêreld.

Die foto’s van hierdie uiters skugter jong hert en sy moeder is tussen die blare by die Natura Artis Magistra-dieretuin geneem.

11536134_993847937316532_2307103011190237105_n

Die skaars diere, wat in die ongerepte dele van Thailand, Borneo en Sumatra voorkom, is, na berig word, ongelooflik intelligent.

Bronne: dailymail.com, telegraph.co.uk