'n Hartroerende televisieadvertensie vir die Duitse supermarkgroep Edeka het soos 'n veldbrand oor die internet versprei, juis omdat dit hierdie tema op 'n uiters effektiewe manier aanpak. In enkele dae is daar al byna 19 miljoen keer daarna gekyk.

In bes moontlik die hartseerste TV-advertensie in 'n baie lang tyd, kry 'n pa jaar na jaar elke kersfees 'n boodskap van sy kinders dat hulle nie kersdag saam met hom sal kan spandeer nie omdat hulle te besig is.

Die pa raak elke jaar meer en meer mismoedig, tot sy kinders 'n verskriklike tyding ontvang wat hulle uiteindelik huiswaarts dwing.

Wat volgende gebeur sal beslis jou hartsnare roer!