Die musiekblyspel met Emma Stone en Ryan Gosling in die hoofrol het Sondag, 11 Desember, ’n groot aand by die Critics' Choice Awards gehad waar dit agt pryse gewen het, onder meer vir beste rolprent. En dit lyk of dit soortgelyke sukses by die Golden Globes kan hê nadat die kortlys van benoemings Maandag,12 Desember, bekendgemaak is.

Die rolprent se benoemings sluit in beste rolprent – musiekblyspel of komedie, beste regisseur en beste draaiboek vir Damien Chazelle, beste oorspronklike klankbaan en beste oorspronklike liedjie, asook die spel van Emma en Ryan.

Moonlight was op La La Land se hakke met ses benoemings en Manchester by the Sea met vyf.

La La Land sal teen Deadpool, Florence Foster Jenkins, Sing Street en 20th Century Women om die prys meeding, terwyl Moonlight en Manchester by the Sea teen Lion, Hell or High Water en Hacksaw Ridge in die kategorie beste rolprent – drama te staan sal kom.

Manchester by the Sea se Casey Affleck, wat Sondag die Critics' Choice-toekenning vir beste akteur gewen het, kan sy wenslag voortsit nadat hy in die kategorie rolprentdrama benoem is.

Hy sal teen die Britse akteur Andrew Garfield (Hacksaw Ridge), Denzel Washington (Fences), Joel Edgerton (Loving) en Viggo Mortensen (Captain Fantastic) te staan kom.

Die benoemings vir beste spel deur ’n aktrise in ’n rolprent – drama sluit in Natalie Portman vir Jackie, Ruth Negga vir Loving, Amy Adams vir Arrival, Miss Sloane se Jessica Chastain en Isabelle Huppert vir Elle.

In die kategorieë toneelspel in ’n musiekblyspel of komedie sal Ryan teen Colin Farrell (The Lobster), Hugh Grant (Florence Foster Jenkins), Jonah Hill (War Dogs) en Ryan Reynolds (Deadpool) meeding en Emma teen Meryl Streep (Florence Foster Jenkins), Annette Bening (20th Century Women), Lily Collins (Rules Don't Apply) en Hailee Steinfeld (The Edge of Seventeen).

The People v. O.J. Simpson: American Crime Story is die voorloper in die televisiekategorieë met vyf benoemings, vir beste minireeks of TV-rolprent en vir die akteurs Sarah Paulson, Sterling K. Brown, Courtney B. Vance en John Travolta.

Dit is ’n kortkop voor The Night Manager met vier, onder meer toneelspelbenoemings vir Tom Hiddleston, Hugh Laurie en Olivia Colman. Albei programme sal dit uitspook in die kategorie beste minireeks of TV-rolprent saam met The Night Of, American Crime en The Dresser.

Die hoog aangeskrewe dramas The Crown, Game of Thrones, Stranger Things, This is Us and Westworld het benoemings gekry, terwyl Atlanta, Mozart in the Jungle, Transparent, Veep en Black-ish as beste musiekblyspel of komedie oorweeg word.

Meryl Streep is voorheen bekendgemaak as die ontvanger van die Cecil B. DeMille-toekenning vir loopbaanprestasie.

Don Cheadle, Laura Dern en Anna Kendrick het benoemings op Maandag, 12 Desember, by die Beverly Hilton-hotel in Los Angeles bekendgemaak.

Die 74ste jaarlikse Golden Globes, met die geselsprogramaanbieder Jimmy Fallon as aanbieder, sal op 8 Januarie volgende jaar by dieselfde hotel plaasvind.

Die volledige lys van benoemings

Beste rolprent – drama

Moonlight

Hacksaw Ridge

Lion

Manchester by the Sea

Hell or High Water

Beste rolprent – musiekblyspel of komedie

La La Land

Deadpool

Florence Foster Jenkins

Sing Street

20th Century Women

Beste spel deur ’n akteur in ’n rolprent – drama

Casey Affleck - Manchester by the Sea

Andrew Garfield - Hacksaw Ridge

Denzel Washington - Fences

Joel Edgerton - Loving

Viggo Mortensen - Captain Fantastic

Beste spel deur ’n aktrise in ’n rolprent – drama

Natalie Portman - Jackie

Ruth Negga - Loving

Amy Adams - Arrival

Jessica Chastain - Miss Sloane

Isabelle Huppert - Elle

Beste spel deur ’n akteur in ’n rolprent – musiekblyspel of komedie

Colin Farrell - The Lobster

Ryan Gosling - La La Land

Hugh Grant - Florence Foster Jenkins

Jonah Hill - War Dogs

Ryan Reynolds - Deadpool

Beste spel deur ’n aktrise in ’n rolprent – musiekblyspel of komedie

Emma Stone - La La Land

Meryl Streep - Florence Foster Jenkins

Annette Bening - 20th Century Women

Lily Collins - Rules Don't Apply

Hailee Steinfeld - The Edge of Seventeen

Beste spel deur ’n akteur in ’n ondersteunende rol in enige rolprent

Mahershala Ali - Moonlight

Jeff Bridges - Hell or High Water

Simon Helberg - Florence Foster Jenkins

Dev Patel - Lion

Aaron Taylor-Johnson - Nocturnal Animals Beste spel deur ’n aktrise in ’n ondersteunende rol in enige rolprent Viola Davis - Fences Naomie Harris - Moonlight Nicole Kidman - Lion Octavia Spencer - Hidden Figures Michelle Williams - Manchester by the Sea

Beste regisseur:

Damien Chazelle - La La Land

Tom Ford - Nocturnal Animals

Mel Gibson - Hacksaw Ridge

Barry Jenkins - Moonlight

Kenneth Lonergan - Manchester by the Sea

Beste draaiboek

Kenneth Lonergan - Manchester by the Sea

Barry Jenkins - Moonlight

Damien Chazelle - La La Land

Tom Ford - Nocturnal Animals

Taylor Sheridan - Hell or High Water

Beste oorspronklike klankbaan

La La Land - Justin Hurwitz

Arrival - Johann Johannsson

Hidden Figures - Hans Zimmer, Pharrell Williams & Benjamin Wallfisch

Lion - Hauschka & Dustin O'Halloran

Moonlight - Nicholas Britell

Beste oorspronklike liedjie

Trolls - Can't Stop the Feeling! deur Justin Timberlake, Max Martin & Shellback

La La Land - City of Stars deur Justin Hurtwitz Benj, Pasek & Justin Paul

Sing - Faith deur Ryan Tedder, Stevie Wonder & Francis Farewell Starlight

Gold - Gold deur Brian Burton, Stephen Gaghan, Daniel Pemberton & Iggy Pop

Moana - How Far I'll Go deur Lin-Manuel Miranda

Beste animasierolprent

Kubo and the Two Strings

My Life as a Zucchini

Moana

Sing

Zootopia

Beste vreemdetaalrolprent

Elle

Divines

Toni Erdmann

Neruda

The Salesman

Beste TV-reeks – drama

The Crown

Game of Thrones

Stranger Things

This Is Us

Westworld

Beste akteur in ’n TV-reeks – drama

Rami Malek - Mr. Robot

Matthew Rhys - The Americans

Bob Odenkirk - Better Call Saul

Billy Bob Thornton - Goliath

Liev Schreiber - Ray Donovan

Beste aktrise in ’n TV-reeks – drama

Winona Ryder - Stranger Things

Claire Foy - The Crown

Evan Rachel Wood - Westworld

Caitriona Balfe - Outlander

Keri Russell - The Americans

Beste TV-reeks – komedie

Black-ish

Atlanta

Transparent

Veep

Mozart in the Jungle

Beste akteur in ’n TV-reeks – komedie

Donald Glover - Atlanta

Gael Garcia Bernal - Mozart in the Jungle

Anthony Anderson - Black-ish

Jeffrey Tambor - Transparent

Nick Nolte - Graves

Beste aktrise in ’n TV-reeks – komedie

Rachel Bloom - Crazy Ex Girlfriend

Sarah Jessica Parker - Divorce

Julia Louis-Dreyfus - Veep

Gina Rodriguez - Jane the Virgin

Issa Rae - Insecure

Beste minireeks of TV-rolprent

The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

The Night Manager

The Night Of

The Dresser

American Crime

Beste akteur in ’n minireeks of TV-rolprent

Courtney B. Vance - The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Riz Ahmed - The Night Of

John Turturro - The Night Of

Tom Hiddleston - The Night Manager

Bryan Cranston - All the Way

Beste aktrise in ’n minireeks of TV-rolprent

Sarah Paulson - The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Felicity Huffman - American Crime

Kerry Washington - Confirmation

Riley Keough - The Girlfriend Experience

Charlotte Rampling - London Spy

Beste manlike byspeler in ’n reeks, minireeks of TV-rolprent

Sterling K. Brown - The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Hugh Laurie - The Night Manager

John Lithgow - The Crown

Christian Slater - Mr. Robot

John Travolta - The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Beste vroulike byspeler in ’n reeks, minireeks of TV-rolprent

Olivia Colman - The Night Manager

Chrissy Metz - This Is Us

Lena Headey - Game of Thrones

Mandy Moore - This Is Us

Thandie Newton - Westworld

- Cover Media