As Leon van Nierop sy goedkeuring vir ’n fliek gee, kan jy maar weet dis die moeite werd.

Jare lank al is hy dié resensent om mee te praat wat Afrikaanse flieks betref.

Maar watter flieks geniet Leon self wanneer hy voor die kassie uitspan?

Lees ook: Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Bok van Blerk as kmdt. Scheepers

In sy nuwe boek, Daar Doer in die Fliek, vertel Leon die verhaal van die Afrikaans rolprentbedryf en gee ook sy 10 gunsteling Afrikaanse flieks van alles tye.

Vir hom is Die Kandidaat ’n toonaangewende film. “Dit het die rolprentbedryf heeltemal verander,” vertel hy.

“Dis die eerste fliek wat die politieke situasie in die land regstreeks aangeraak het en nie net die spot daarmee gedryf het nie.”

Lees ook: ’n Nuwe gesig (en legende!) eersdaags in Suidooster te sien

Leon meen Sink, wat op 18 Maart in teaters te sien is, verskuif die perke in Afrikaans. “Dit handel oor vraagstukke wat ons nie voorheen bespreek het nie. Roepman val ook in dié kategorie, maar Sink voer dit tot ’n nuwe vlak.”

Hier verklap hy aan Huisgenoot wat sy gunstelinge is:

1. Dis Ek, Anna (2015)

2. Die Kandidaat (1968)

3. Katrina (1969)

4. Paljas (1997)

5. Sink (2016)

6. Daar Doer in die Bosveld (1951)

7. Faan Se Trein (2014)

8. Jannie Totsiens (1970)

9. Roepman (2011)

10. Die Storie van Klara Viljee (1992)

Daar Doer in die Fliek is vanaf Maandag 7 Maart in boekwinkels landwyd te koop.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: So lyk nuwe Kaapse hotel waar jy tot R140 000 ’n nag moet opdok!

Sewejarige deur hond aangeval

Kyk: Ontstellende video wys hoe kleuter uit bewegende motor val en net weer opstaan

Wat gaan aan tussen Stefan Ludik en Anelle Bester?

Jammer, Catherine, die kroon van mooiste koninklike is nie meer joune nie