[caption id="attachment_111937" align="alignnone" width="600"]Hierdie kan jou werk wees! Foto: people.cn Hierdie kan jou werk wees! Foto: people.cn[/caption]

Hou op soek: ons het die beste werk in die wêreld gevind! China se Groot Pandabeerbeskermings- en navorsingssentrum wag nou aansoeke in van mense om volwaardige pandabeer-oppassers te wees.

Basies behels dit dat jy heeldag met die alleroulikste, snoesigste klein pandabeertjies moet spandeer. Tussendeur sal jy jou dalk moet beywer vir die bewaring van hierdie bedreigde spesie, maar nie voor jy ’n bietjie troeteltyd saam jou gunsteling beertjie spandeer het nie. “Ons werk het eintlik net een doelwit,” vertel die organiseerders by die sentrum, “en dit is om 365 dae met pandabere te spandeer en in hul vreugdes en hartseer te deel.” Ons sal selfs nie omgee om elke dan en wan ’n pandabeer se hok skoon te maak nie. Asof die vlak van snoesig en dierbaar nie alreeds die kwik verby breekpunt gejaag het nie, is daar pas nog 23 pandabeertjies by ’n ander dieretuin in China bekendgestel.

Kyk hier om te sien wat hierdie droomwerk behels:

Bronne: Daily Mail; People's Daily