image002

Haar naam is Jané Strampe, sy is 14 jaar oud en die einste Bobby van Jaarsveld het al getwiet dat sy moontlik sy grootste aanhanger is. Vir dié gr. 7-leerling van die dorp Koffiefontein in die Vrystaat is die hartebreker “die mees verstommende ou” wat sy al ontmoet het.

“Hy is so ’n goeie rolmodel vir al sy ondersteuners en hy het so ’n goeie hart. Bobby is altyd nederig en so vriendelik; dit is hoekom Bobby my held is en hoekom ek so mal is oor hom.

image003

“Ek beskou my as sy grootste ondersteuner; sy musiek is net so fantasties. Hy is die beste sanger in Suid-Afrika en ek wil graag vir hom dankie sê vir als wat hy vir Afrikaanse musiek doen . . . Ek sal hom altyd ondersteun,” vertel Jané.

image008

Sy het hom die eerste keer as sesjarige dogtertjie by die Bloemskou sien optree, maar die Bobby-gogga het haar in 2013 behoorlik gebyt toe sy een van die Liefling-ster se konserte op Stilbaai aan die Suid-Kaapse kus bywoon. Sedertdien was sy al by 10 van sy optredes.

image015

“Ek probeer by elke vertoning uitkom, en ek weet ek is nou eers 14, maar ek hoop ek kan eendag in Bobby se voetspoor volg,” sê Jané, wat op talle foto’s saam met Bobby poseer. Op sommige van dié foto’s het sy selfs ’n T-hemp aan waarop sy gesig pryk.

Vir dié tienermeisie van Koffiefontein bestaan daar regtig nie iets soos ’n oordosis Bobby nie!

Lees ook op Huisgenoot.com:

Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!

Wanhopige ma se geskenk vir haar siek kind gaan jou hart breek

Pa neem ma se rol vir ’n dag oor – en besef vinnig waarvoor hy hom inlaat

Groot nuus oor Gerhard Steyn se piepklein Zardi