Sofia was verlede die regisseur van The Bling Ring, waarin Emma ook gespeel het.

Emma het aan Variety gesê sy het klaar ’n meermin-kostuum, maar of dit nog sal pas, is ’n ander storie. “Ek het soos Ariel aangetrek vir my vyfde verjaardag,” sê sy.

Dié fliek is gegrond op Hans Christian Andersen se sprokie en handel oor ’n meermin wat haar lewe onder die see prysgee ter wille van die liefde.

Bron: Justjaredjr.com