[caption id="attachment_167446" align="aligncenter" width="400"]Foto: Wikimedia Commons Foto: Wikimedia Commons[/caption]

Die Rack City-rapper (27) het 10 maande lank saam met die werklikheidstelevisiester (19) in haar huis van R84 miljoen in Hidden Hills, Kalifornië, gewoon voor hy onlangs besluit het om sy tasse te pak.

“Tyga het uitgetrek,” vertel ’n bron aan die tydskrif Us Weekly. Hy woon nou sowat 38 km weg van Kylie.

Maandag is begin gis Tyga en Kylie, wat sedert 2014 aan en af saam is, se paaie het geskei, maar volgens ander bronne beteken Tyga se besluit om te trek nie dat hy en Kylie nie meer saam is nie.

“Hulle het nie uitgemaak nie,” sê ’n bron. “Hulle bring net nie soveel tyd saam deur nie.”

Kylie het Tyga glo nog innig lief, al het hulle op ’n blaaskans besluit. “Tyga maak Kylie werklik gelukkig, en sy sal baie hartseer wees as hulle uitmaak. Hy is haar eerste groot liefde, en hulle gesels nog elke dag met mekaar.”

Die twee was ook verlede Mei ’n rukkie lank uitmekaar. In dié tyd het Kylie, wat ’n suksesvolle lipglansreeks besit, kortliks met die hip-hop-vervaardiger PartyNextDoor uitgegaan.

“Ek moes net ervaar hoe dit voel om nie saam met hom (Tyga) te wees nie,” het sy in Oktober aan die tydskrif Complex oor haar kortstondige verhouding met die Kanadese musikant gesê. “Ons (sy en Tyga) het toe besef dis nie wat ons wil hê nie.”

Of die twee hul romanse hervat of nie, Kylie en Tyga sal waarskynlik altyd deel van mekaar se lewe wees as gevolg van hul unieke familiebande. Blac Chyna, ma van Tyga se seun, King Cairo, het in November die lewe geskenk aan haar en Kylie se ouer halfbroer, Rob Kardashian, se eersteling.

© Cover Media