Ons almal ken haar as die Grammy-bekroonde sangeres wat gewoonlik romanties gekoppel is met hartebrekers, maar hierdie keer probeer Taylor Swift (27) glo iets anders.

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

Die Shake it Off-sanger rinkink deesdae in Londen met haar nuutste liefe, die Britse akteur Joe Alywn (26).

Volgens The Sun is hulle al ’n paar maande ’n paartjie, maar wil dit blykbaar ’n geheim hou oor haar mislukte verhouding met Tom Hiddleston, ook ’n Britse akteur.

Joe handhaaf ’n lae profiel, totaal anders as haar vorige liefdes soos die musikante Harry Styles, DJ Calvin Harris en John Mayer.

[caption id="attachment_173156" align="alignnone" width="600"]Joe Alywn Foto: Twitter/ @josalw Joe Alywn Foto: Twitter/ @josalw[/caption]

Joe het net sowat 3 000 volgelinge op Twitter teenoor Taylor se 84 miljoen.

’n Bron het aan The Sun vertel dat dié paartjie ernstig is oor hul verhouding. "Dit lyk soos die ware Jakob, maar sy is vasbeslote om haar romanse vir eers stil te hou," vertel die bron.

Sy bestee glo baie tyd saam met Joe, maar dra ’n pruik om die publiek te vermy en het selfs ’n huis in Londen gehuur om meer by hom te wees.

Nie net het sy haar sekerheidsmanne gevra om haar te alle tye te beskerm nie, maar sy reis ook met haar eie straalvliegtuig.

“Dit is nie die bekendmaking van ’n nuwe of geheime verhouding nie – die enigste mense wat nie hiervan geweet het nie, is die media. Taylor en Joe se naaste vriende en familie het geweet hulle is al vir maande ’n paartjie en hulle ken mekaar al lank.

“Na al die aandag wat sy met haar 1989-toer getrek het, het sy besef sy moet haar persoonlike lewe beter beskerm. Sy en Joe het vroeg reeds saam besluit om hul privaat lewe privaat te hou,” vertel die bron aan The Sun.

Joe is bekend vir sy rol in die oorlogdrama Billy Lynn’s Long Halftime Walk en hy was ook te sien in die fliek The Sense of an Ending.

Bronne: The Sun, Daily Mail, Mirror.co.uk.