Nés haar kriptiese musiekvideo vir Hoofletters vroeër vanjaar waarin die gewilde sangeres en aktrise Sorina Erasmus bekend gemaak het sy is weer verwagtend, het sy weereens heel kreatief te werk gegaan om die geslag van die nuwe kleinding, haar tweede, bekend te maak.

SORINA BABA

In 'n strokiesprent vra haar eersteling Braambossie liefderlik "Mamma, wie kruip weg in Mamma se magie?" Net om die blye antwoord te kry: dis sussie!

"Groot verassing in hoofletters!" het Sorina by die inskrywing op haar Facebook-blad geskryf. Sy het ook klaar haar liefde vir die nuwe babatjie beken: "My kind, ons het jou lief..."

Baie geluk, Sorina!