Dis weer die grillerigste tyd van die jaar met Halloween om die draai, maar die spookagtige figuur in hierdie meisie se selfie is beslis nie iemand wat ’n laken oor hom gegooi het nie.

Ghost-576x1024
 

Paula Whelan was geskok toe sy die vreemde verskynsel in haar pel se foto opmerk.

“Die foto is sowat ’n halfuur terug geneem,” het die inwoner van Belfast gesê nadat sy die foto met Belfast Live gedeel het. “My dogter se vriendin het dit geneem. Sy’t selfies geneem en daardie een was nie reg nie en toe sy dit wou uitvee, toe sien sy dit. Dis erg grillerig.”

Bronnes: The Mirror, Belfast Live