Die foto is geneem by ’n strand in Zushi, Japan. Hy het vyf foto’s van sy dogter met sy selfoon geneem. Toe hy deur die foto’s gaan, het hy eensklaps op een van die foto’s die vreemde stewels agter sy dogter opgemerk.

Maar die pa hou vol dat hulle twee alleen was en dat die foto op geen manier deur Photoshop gemanipuleer is nie.

’n Familievriend het die foto op Reddit, ’n aanlynplatform, geplaas en mense se advies gevra.

Verskeie het ’n blou strook bo die stewels uitgewys en sê die stewels behoort aan iemand met ’n denimbroek wat agter die kind staan.

Maar die pa hou vol dat hulle twee alleen was en dat die foto op geen manier deur Photoshop gemanipuleer is nie.

Die foto is geneem naby aan ’n versameling Samurai-grafte in die area en baie beweer dat die stewels sterk ooreenkomste met’n Samurai-vegter se stewels toon.

Bronne: Reddit, Daily Mirror, Daily Mail