Dis die vraag op almal se lippe, het Justin Bieber ’n nuwe meisie? Tydens sy toer in Suid-Amerika het hy alte gemaklik geraak met die Brasiliaanse model, Luciana Chamone.

A post shared by Luciana Chamone (@luchamone) on

Die Baby-sanger het Woensdag in Rio de Janeiro opgetree en dit lyk reeds of hy lekker kuier met die plaaslike meisies na ’n foto van hom en Luciana op die agtersitplek van sy kar, deur TMZ.com gepubliseer is.

Justin sit gemaklik met sy arm om die model se lyf en op ’n ander foto lyk dit of hy nader skuif vir ’n soen. Die pop-superster, wat voorheen met Selena Gomez, Hailey Baldwin en Sofia Richie uitgegaan het, sal darem nog tyd met Luciana in haar tuisland kan deurbring wanneer hy nog twee konserte in Sao Paulo moet opvoer. Sy Purpose-wêreldtoer gaan dan voort in Peru en daarna in Costa Rica wat die Latyns-Amerikaanse gedeelte van die toer sal afsluit. Justin se nuwe romanse met Luciana sal die sanger help om van geen strafregtelike klagte in Brasilië aangekla te word nie, veral nadat die aanklaers blykbaar aangekondig het dat hulle ondersoeke oor ’n onwettige spuitverf-voorval gaan heropen.

A post shared by Luciana Chamone (@luchamone) on

Dié insident het in 2013 gebeur toe hy die land besoek het.

Op daardie stadium is die sanger aangekla met ’n "misdaad teen die stadsorde en kulturele erfenis"-klag na hy blykbaar The Hotel Nacional, 'n beskermde werf, met graffiti besmeer het.

Die saak is opgeskort toe Justin die land verlaat het om voort te gaan met sy Believe-toer.

Maar owerhede het vroeër vandeesweek planne aan die lig gebring om die voorval, terwyl hy in Brasilië is, te heroorweeg om te bepaal of die 23-jarige vervolg moet word.

Hy sal of ’n boete of ’n jaar in die tronk in die gesig staar as hy wel vervolg word.

– Cover Media