Die gebore Australiër is Donderdag in hegtenis geneem ná ’n klopjag op sy huis in Tauranga, Nieu-Seeland, berig The Guardian.

Phil sal aangekla word van poging tot moord, moorddreigemente en die besit van metamfetamien en dagga, berig die koerant.

Die 60-jarige het Donderdag in die hof verskyn, maar het nie tydens die verrigtinge gepraat nie.

Hy is op borgtog vrygelaat en aangesê om in Tauranga te bly.

Phil het nie met die media gepraat nie en het die hof in ’n Mercedes verlaat, het die New Zealand Herald berig.

Hy het in 1975 by AC/DC aangesluit, hulle en 1983 verlaat en in 1994 weer by hulle aangesluit.

Hulle beplan om ’n nuwe album, Rock or Bust, later vanjaar uit te reik.

Dit is hul eerste nuwe musiek seder 2008 se Black Ice.

Dit is ook die eerste uitreiking sedert die kitaarspeler, Malcolm Young, aangekondig het hy ly aan demensie.

The Guardian noem Phil het geskitter in sy afwesigheid by promosiemateriaal; die voorsanger, Brian Johnson het onlangs verduidelik Phil was weens ’n familienoodgeval onbeskikbaar vir die opname van ’n musiekvideo.

© Cover Media