Hierdie is een van daardie honde wat hom nie maklik heerlik knus op jou rusbank gaan tuismaak nie, want hy’s die grootte van ‘n sterk jong man en hy val maklik in dieselfde grootte-kategorie as ‘n kleinerige beer.

In die video sien jy hoe die hond, ‘n Amerikaanse veghond met die gepaste bynaam “Hulk”, bo-oor ‘n vrou troon om ‘n peuselhappie te gryp.

Dié merwaardige “Hulk” laat boonop die skaal kreun op ‘n aansienlike 78 kg!