Skaars het ons die foto’s van die naweek se Huisgenoot SkouspelPlus op Facebook gesit, ofTheuns se ondersteuners het begin vra hoekom die sanger so skraal geword het.

“Sjoe Theuns Jordaan is maer, is hy gesond?” wouKarien Reynolds op Facebook weet. Almal wonder of Theuns ‘n nuwe fiksheidsprogram volg en of ons die aantreklike sanger in die gym sal raakloop as ons ‘n ogie daar gaan gooi? Of kwyn hy weg omdat hy treur oor sy verlore liefde Elizma Theron?

Geen mens sal weet nie, want Theuns self klap toe soos ‘n boek wanneer hy oor sy gewig gevra word. Sy agent, Ilza Roggeband, het gesê Theuns wil beslis nie daaroor praat nie.

Wat ons wel kan vertel is dat daar met sy sangstem en sy gemoed niks fout is nie. Hy was heel vrolik agter die skerms. Kyk gerus in die volgende Huisgenoot hoe hy agter die verhoog saam met sy mede-sangers gekorswel het.