WAARSKUWING: Die artikel bevat ’n grafiese foto

Polisie van West Yorskshire in Engeland is op soek na ’n man wat Sondagaand sy linkeroor in ’n kroegbakleiery verloor het. Hulle het ’n stuk van sy oor op die sypaadjie opgetel.

Twee mans is reeds in verband met die hewige bakleiery gearresteer, maar polisie is steeds op soek na ’n anonieme man wie se oor, oorbel en al, afgebyt is.

Die polisie waarsku dat mensbyte tot dodelike infeksies kan lei indien dit nie vinnig behandel word nie. Die polisie hou die oor in ’n plastieksakkie by die stasie indien die man dit wil kom eis.

Bronne: The Guardian, Huffington Post