Die ooievaar maak vanjaar by ’n hele paar internasionale sterre ’n draai.

Dié sterre – party nuwe ouers en ander wat reeds kinders het – sal binnekort die vreugde van ’n pasgebore baba ervaar.

Maar ons kan nie nog ’n paar maande vir hul koms wag nie, en het dinge in ons eie hande geneem en ’n draai gemaak by BabyMaker by www.luxand.com om met dié prettige web-app te kyk hoe die sterre se babas gaan lyk.

Chrissy Teigen en John Legend

Die sanger John Legend en sy modelvrou se eersteling – ’n dogtertjie – is op pad. En as ’n mens so na haar ouers se voorkoms kyk, gaan sy beslis oulik verby wees. So reken BabyMaker gaan sy lyk:

1

Liv Tyler en David Gardner

Die aktrise Liv Tyler en haar verloofde, die sport-en-vermaakbestuurder David Gardner, het nie op hulle laat wag nadat hul eersteling saam, Sailor, minder as ’n jaar gelede gebore is nie. So dink BabyMaker gaan baba nommer twee lyk:

2

Nicky Hilton en James Rothschild

Een ding is seker: Dié twee se baba gaan omtrent bederf word! Die hotelerfgenaam Nicky Hilton en haar man, die Britse bankerfgenaam James Rothschild, se eersteling is op pad, sowat ses maande ná hul spogtroue verlede jaar by Kensington-paleis. Volgens BabyMaker gaan hul kleinding so lyk:

3

Bar Refaeli en Adi Ezra

Dié kleinding gaan beslis pragtig wees met die model Bar Refaeli vir ’n ma en die aantreklike sakeman Adi Ezra vir ’n pa. Die twee is in September verlede jaar getroud en hul eersteling gaan volgens BabyMaker so lyk:

4

Anne Hathaway en Adam Shulman

Die aktrise Anne Hathaway het onlangs ’n foto van haar in ’n rooi bikini met haar groeiende boepie op Instagram gedeel. Sy en haar man, die akteur Adam Shulman, se eersteling word vanjaar gebore en BabyMaker voorspel hy of sy gaan so lyk:

5

Bron: www.luxand.com/babymaker