Die rapper het dit op sy SoundCloud-rekening gedeel en ’n skakel daarna op sy Twitter-blad bygevoeg. Hy het ook daarby geskryf: “Musiek!” Chris wou seker die aandag aflei van sy huidige regsdrama. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie sy huis in Tarzana, Kalifornië, omring en lank probeer toegang kry het daartoe.

Dit volg ná bewerings dat hy die model Baylee Curran met ’n vuurwapen gedreig het.

A video posted by Lina Louidor (@his_fit_diva) on

Ure voor sy inhegtenisneming het Chris in ’n reeks video’s op Instagram gesê hy is onskuldig en nadat hy borgtog van ongeveer R3,6 miljoen betaal het, het hy verklaar “die wêreld sal sien” hy praat die waarheid.

A video posted by (@chrisbrownofficial) on
Aanhangers het ná die uitreiking van What Would You Do? bespiegel die liedjie verwys dalk na die drama. Van die lirieke lui: “I’ve got some questions / some questions for you / I need some answers / answers from you. / What do you do / fighting for your life when no one’s on your side? / I can’t stand to lose you, / see you’re in too deep with nowhere to hide.” Ander sê erger die tydsberekening is blote toeval. Die liedjie verskyn op Chris se agtste album, Heartbreak on a Full Moon. Verlede week het hy die musiekvideo vir die snit Grass Ain’t Greener uitgereik.
Nadat hy ná sy aanhouding tuisgekom het, het Chris op Instagram ’n video gedeel wat die sanger Ray J gemaak het. Dié het verklaar hy staan agter Chris; hy het ook uitgevaar oor hoe die situasie hanteer is. Daarop het Chris gereageer: “Ware vriende! Die wêreld sal nog sien! Vertrou my.”

A video posted by (@chrisbrownofficial) on

Chris sal na verwagting op 20 September by die Clara Shortridge Foltz Criminal Justice Center verskyn om aangekla te word.

A photo posted by (@chrisbrownofficial) on

© Cover Media