Die man agter die webtuiste UFO Sightings Daily beweer hy’t die wrak van die vermiste vlug MH370 van Malaysia Airlines naby die Kaap die Goeie Hoop gewaar.

[caption id="attachment_119503" align="alignnone" width="600"]kan jy die vliegtuig gewaar? FOTO: Google Earth/Wikimedia Commons kan jy die vliegtuig gewaar? FOTO: Google Earth/Wikimedia Commons[/caption]

Scott C. Waring het onlangs in ’n inskrywing op sy webtuiste gesê hy’t op Google Earth in die gebied gesoek na ’n ou VVV-waarneming toe hy die skaduwee in die water opmerk.

“Die skaduwee het soos ’n vliegtuig gelyk. Ek het aan B-1 bomwerpers in Ellsworth, South Dakota tydens my dae in die Amerikaanse lugmag gewerk. Ek weet hoe lyk ’n vliegtuig. Ek het immers meer as genoeg keer in en uit hulle geklouter.” Scott sê die foto van Google Earth was gedateer 26 Julie 2015 en MH370 het op 8 Maart 2014 vermis geraak, want beteken dit het vir 16 maande lank rondbeweeg. “Ek weet daar is ’n baie skraal kans dat dit MH370 is, maar dis beter nuus as wat ons vyf minute terug gehad het, nie waar nie?” Hy het gesê hy gaan Malaysian Airways op Twitter inlig van sy ontdekking en het mense gevra om sy boodskap te hertwiet.

Vlug MH370 het twee jaar gelede onderweg vanaf Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China, met 239 mense aanboord verdwyn.

Associated Press het Sondag berig die man wat verlede jaar ’n stuk vlerk van die vermiste vleigtuig op die Franse eiland Reunion gevind het, het ’n ongeïdentifiseerde grys item met ’n blou rand op byna dieselfde plek gevind.

Johnny Begue het aan AP gesê hy het sy jongste vonds aan die polisie in Saint Denis oorhandig.

AFP het verlede week berig dat ’n Amerikaanse man ’n wraktuk van ’n vliegtuig wat uitgespoel het aan die Mosambiekse lugvaartowerhede oorhandig wat dalk ook ’n deel van MH370 kan wees.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Hulde aan voormalige presidentsvrou Nancy Reagan

Vrae oor die einde van Aardklop

Vrou vertel van haar ‘verlammende vrees’ vir werk

Dubbele vreugde vir Bobby van Jaarsveld op sy verjaarsdag