Amanda Bynes het amptelik tot Twitter teruggekeer om vals berigte nekom te draai dat sy swanger en verloof is.

[caption id="attachment_159095" align="alignnone" width="600"]Foto: FayesVision/WENN.com Foto: FayesVision/WENN.com[/caption]

Die 30-jarige aktrise het die sosiale media die afgelope tyd vermy, maar haar gister tot Twitter gewend ure nadat ’n indringer gemaak het of hulle sy is en oortuigende inligting oor die Hairspray-aktrise se persoonlike lewe geplaas het.

“Gelukkige Valentynsdag!” het die twieter aanhangers gegroet en verduidelik “sy” skryf van haar ginekoloog se kliniek af: “Saam met Matt (Prokop) by die ginekoloog om te kyk of ek inderdaad swanger is! Die tuistoets sê ek is, maar ek het ’n tweede mening nodig!”

’n Dag tevore, op 13 Februarie, het Amanda na bewering op haar beweerde profiel bekendgemaak sy en haar lewensmaat, Matt, het besluit om af te haak nadat hulle ’n bietjie minder as ’n jaar uitgegaan het.

“Wêreld: ek en my aantreklike verloofde Matt!” het die kamma-Amanda geskryf by ’n foto waar die aktrise agter in ’n motor haar wang teen dié van haar kêrel druk.

“Ek en Matt gaan die afgelope agt maande uit en ek kan nie gelukkiger wees nie!” lui die onderskrif.

“Ons het nog nie ’n amptelike troudatum nie, maar ons is baie verlief en baie opgewonde daaroor om die res van ons lewe saam te deel!” Die indringer het die Twitter-rekeningnaam @PersianLa27 onder die skuilnaam Ashley Banks gebruik om die opwindende aankondigings te maak.

En toe ’n sosialemedia-aanhanger vra hoekom sy nie haar bevestigde @amandabynes-porfiel gebruik nie, het die ster verduidelik sy is by die rekening uitgesluit: “My ouers en prokureur is die enigstes met toegang tot @amandabynes! Hulle het my verbied om enige vorm van die sosiale media te gebruik!” Die regte Amanda het haar toe tot Twitter gewend om te bevestig sy het nie die twiets geplaas nie.

“Ek is nie @persianla27 nie,” het sy geskryf. “Ek gaan nie trou nie en is nie swanger nie. Ek verstaan nie hoekom Twitter @persianla27 nie afhaal nie. Ek het herhaaldelik gevra. Die mens hou aan om my na te boots en te teister. Twitter moet die rekening verwyder.”

Cover Media