In die foto, wat effens onduidelik is, lyk dit asof Manie sowaar op sy een knie afsak om aan sy meisie, Angel de Lange, ’n Country-sangeres, tydens ’n wegbreek naweek na haar familieplaas buite Groot Marico, die ja-woord te vra. Maar met die inskrywing skerts hy en skryf hy dat sy hóm gevang het toe hy amper by die berg afgeval het. 

“Gelukkig was Angel by om my val te keer,” het hy met glimlaggende gesiggies daarby geskryf. 

Toe Huisgenoot.com die sanger bel om te bevestig of ons hom kan geluk wens, het hy volgehou hy het net gegrap en weer gesê dat “hy geval het”. 

Manie het ook Saterdag, 17 Junie, geskryf dat hy met die wegbreeknaweek op die vooraand van Vadersdag ook hulde aan sy oorlede pa, Robbie Jackson (68) gebring het. Sy pa is in Januarie vanjaar oorlede.